[{{mminutes}}:{{sseconds}}] X
Пользователь приглашает вас присоединиться к открытой игре игре с друзьями .
Обычный африкаанс
(3)       Используют 9 человек

Комментарии

Phemmer 1 сентября 2018
Существуют разные способы, например, международная раскладка, также можно набирать со виндовых стандартных раскладок: голландской, или канадской французской.
SlavikusVOG 1 сентября 2018
Кто-нибудь знает как печатать е с крышечкой? я уже в двух текстах с таким сталкиваюсь.
Мультилингва 15 августа 2018
Словарь включён в программу мероприятия [18.07.18 - 07.09.18] Мультилингва МЕГА 2.
Написать тут
Описание:
Тексты длиной 270-300 символов
Автор:
Phemmer
Создан:
7 декабря 2017 в 16:48 (текущая версия от 12 августа 2018 в 10:55)
Публичный:
Нет
Тип словаря:
Тексты
Цельные тексты, разделяемые пустой строкой (единственный текст на словарь также допускается).
Содержание:
1 Die partytjie skop af met waaghals-speel. Elkeen kry 'n kans om met 'n harnas teen 'n hoë muur uit te klim. Die muur het plek-plek vashou en vastrap-plek. Almal moedig mekaar opgewonde aan en geniet die avontuur. Nadat Ietsie-Spesiaal sy klimbeurt gehad het, roep ou Rowwe hom saggies eenkant toe.
2 Hy trek 'n teug in en hoes omtrent sy longe uit. Daarna kry hy so 'n naar gevoel op die maag... Die res van die partytjie is nie lekker nie. Hy voel sleg, hy is vies vir ou Rowwe, en hy is vies vir homself. Die volgende dag heet Rowwe en sy vriende vir Ietsie-Spesiaal spesiaal welkom by die skool.
3 Ek het nie geleer vir die toets nie, en ek kan die onnie flous deur af te skryf van crip notes af, maar ek het besluit om die regte pad te loop. Ou Rowwe, jy loop die verkeerde pad. Jy moet mooi dink waarheen jy nou eintlik op pad is. Jy is 'n gawe ou, maar ek wil nie soos jy lewe nie.
4 Weer hoor hy sy Maker fluister: "Ek is altyd by jou. Ek sal altyd vir jou krag gee om die regte dinge te doen. Jy hoef nie bang te wees nie." Later skryf hy die toets en vaar maar swak. Die onderwyser sê toe dat almal wat weer wil skryf, die volgende dag weer kan skryf.
5 Hy het al sy beste pêlle oorgenooi om saam met hom te gaan ysskaats. Almal lag en gesels opgewonde toe hulle by die ysskaatsbaan aankom. Dit is 'n hele gedoente sodat elkeen skaatse kan kry wat aan sy voete pas. Eindelik is almal gemaklik in hul skaatse, en almal spring op die ysskaatsbaan.
6 Ietsie-Spesiaal kan redelik skaats, maar hy moet maar nog mooi konsentreer. Ietsie-Oulik gly grasieus oor die ys, asof sy in ysskaatse gebore is. Sy kan selfs al oulike toertjies doen. Ietsie-Spesiaal is so bly dat Ietsie-Oulik na sy partytjie gekom het. Hy hou sommer baie van haar.
7 Ietsie-Spesiaal moet uithaal om by te bly. Veral by die draai sukkel hy... Skielik swenk iemand voor hom in. Hy probeer van rigting verander, dan probeer hy om te stop, en die volgende oomblik sien jy net hare waai! Ietsie-Spesiaal tol al in die rondte op die naat van sy rug oor die skaatsbaan.
8 Almal stop verbaas om die petalje te aanskou. Toe hulle sien dat hy darem nie seerkgekry het nie, kan sy pêlle nie help om te begin lag vir die komieklike prentjie nie. Ietise-Spesiaal is nou sommer kwaad. Kwaad omdat hierdie ander ou nie kan kyk waar hy skaats nie. Kwaad omdat hy geval het.
9 Kwaad omdat hy sy naam ge "brand" het. Kwaad omdat sy vriende vir hom lag. Maar veral kwaad omdat Ietsie-Oulik moes sien hoe hy 'n gek van homself maak. Hy is lus en maak sy oë toe en bly net hier lê. Hy wil nie opstaan nie. Hy wil nie hoor wat almal te sê het oor sy ongelukkie nie.
10 In Ietsie-Bietsieland gaan dit goed met almal. Dit is net Niksie wat nie aldag so lekker regkom en inpas nie. Daarom kan hy nie met sy eina-gedagtes uitgaan en daar buite rondloop nie. As iemand dit moet agterkom... Nee wat, daar buite maak hy maar asof hy nes die res is en doodgelukkig is.
11 Niksie het al baie planne gemaak. Hy weet as hy so 'n lekker cool sonbril opsit, lyk hy 'n bietjie beter. As hy vreeslik hard werk en goed presteer, lyk dit of almal hom darem raaksien. Dan voel hy nogal geliefd. Maar dis tog asof die gevoel nie lank genoeg wil hou na sy sin nie.
12 Maar behalwe die handleiding, is daar niks anders in die pakkie nie. Niksie bêre gou die handleiding en trek die deur agter hom toe. Hy wonder wie die handleiding vir hom gestuur het, en wat hy daarmee moet doen. Hy besluit om dit vanaand goed te bestudeer. Miskien kan dit tog nuttig wees.
13 Daardie middag kan hy nie wag om huis toe te gaan nie. Hy is nuuskierig om te sien wat daarin staan; miskien sal hy kan agterkom wie dit vir hom gestuur het as hy weet wat daarin staan. By die huis aangekom, strek hy homself behaaglik uit en gaan sit in sy luilekker stoel.
14 Ek het nog altyd gedink dat sy anders as die res is – so asof sy 'n gelukkige geheim binne-in haar bewaar. Ek wonder of sy die Maker persoonlik ken – hoe anders sou sy 'n handleiding in die hande kon kry, en dit nogal 'n getekende kopie? Ek moet haar tog vra as ek haar weer te siene kry.
15 Sy kan nie meer wag dat die tandjie moet uitval nie. Miskien moet sy hom maar so bietjie help. Sy gaan na Mamma se naaldwerkkamer en knip 'n stukkie garing van die tolletjie af. Sy probeer om die garing om haar tandjie te knoop, maar hy gly elke keer los. Sy vat die garinkie na Mamma toe.
16 Mientjie se hartjie klop kadoef-kadoef toe Mamma sê dat sy nou die tandjie kan uitpluk. Mamma gee een vinnige pluk en daar trek die tandjie deur die lug! Mamma gee vir Mientjie 'n stukkie watte om vas te byt sodat die klein plekkie waar die tandjie was, gou-gou beter voel.
17 Mientjie vat die tandjie en gaan sit dit versigtig op die kassie langs haar bed. Sy mag hom nie nou laat wegraak nie, want dan sal die muis nie vir haar 'n geldjie kan bring nie! Sy kan nie meer wag dat dit moet aand word nie. Mamma sê die tandemuis kom haal net snags tandjies.
18 Toe Mamma later sê dat dit badtyd is, hardloop sy sommer dadelik, nie soos ander aande wanneer sy sê sy wil eers nog bietjie speel nie. Nadat Mamma vir haar 'n Bybelstorie gelees het en hulle saam gebid het, neem sy die tandjie en sit hom versigtig neer binne in haar mooiste kerkskoentjie.
19 Sy hou die deur fyn dop – sy wil nie slaap as die muis kom nie, sy wil hom graag sien. Later vryf sy haar ogies, want sy word darem nou baie vaak... Skielik hoor sy 'n geluidjie. Ja waarlik, daar sit 'n piepklein muisie by haar skoen! Hy lyk egter glad nie soos 'n gewone muis nie.
20 Sy haartjies is so silwer blink en hy het 'n kleertjies aan wat blou en oranje is! Sy wil nie die muisie skrikmaak nie, dus klim sy baie saggies uit haar bedjie en sluip versigtig, voetjie vir voetjie, nader. Sy haal die stukkie kaas wat sy spesiaal gebêre het, uit en hou dit na die muisie toe uit.
21 Ek sal hom definitief kan gebruik om vir my 'n pragtige nuwe huisie te bou." "Ja, Mamma sê ek moet gereeld my tandjies borsel en nie te veel lekkergoed eet nie, anders word my tandjies sleg en dan sal jy dit nie vir jou huisie kan gebruik nie. En dan sal ek nie 'n geldjie kan kry nie.
22 Jy kan miskien vir jou 'n gordyntjie of 'n kombersie daarvan maak." "Sjoe, maar jy is 'n oulike meisie! Dit is juis nou so koud en ek het gewonder hoe gaan ek my nuwe huisie warm kan hou. Baie dankie! Maar wag, ek kan nie heelnag met jou kuier nie, ek het nog baie ander dinge om te doen.
23 Jou kind geniet oor die algemeen nou sprokies wat 'n klein bietjie meer ingewikkeld is, soos "Aspoestertjie" en "Die Keiser se nuwe klere". Aangesien dit die tydperk is waarin hy leer lees, kan jy hom gerus aanmoedig om die teks met sy ogies te volg en bekende woorde agter jou aan te herhaal.
24 Intelligente beplanning en harde werk aan die ander kant sal jou oor selfs die mees gevreesde vyand - die wolf - laat seevier. Op die dieper vlak is die drie huisies wat die varkies bou, simbolies van die mens se ontwikkeling der die eeue: van 'n strooihuisie tot ' houthuis tot 'n baksteenhuis.
25 Die tweede varkie toon wel tekens van emosionele groei, want sy woning is so 'n bietjie sterker as die eerste varkie s'n. Net die derde en oudste varkie kry dit reg om sy behoefte om te speel uit te stel en te beplan vir die toekoms. Hy bou vir hom 'n sterk vesting waarin hy veilig kan wees.
26 Hy voorspel ook die gedrag van die wolf korrek en dit stel hom in staat om voorbereid te wees op die wolf wat deur die skoorsteen klim. Die wolf val in 'n pot kookwater en sterf. Natuurlik simboliseer die kwaai wolf alles wat antisosiaal en destruktief en wild binne-in 'n mens self is.
27 Deur die verhaal van Rooikappie leer jou kind wat die gevolge van ongehoorsaamheid is. Rooikappie se ma stuur haar na haar ouma toe en beveel haar om nie langs die pad te talm nie. Rooikappie stel egter haar eie behoefte om blomme te pluk eerste en ontmoet die wolf lang die pad.
28 In sy fantasieë is daar niks meer bevredigend as om uiteindelik as "die beste" uit die stryd te tree nie. 'n Ander tema wat uitstaan, is elke kind se behoefte om aanvaar te word. Die nare stiefma en stiefsusters verwerp haar sonder dat sy iets gedoen het om dit te verdien.
29 Die karakterisering van die stiefma vertel dat uiterlike skoonheid niks beteken as jy innerlik boos is nie. Op dieper vlak word daar ook verwys na die feit dat ma's, hoewel hulle dit nooit sal erken nie, jaloers raak op hulle mooi, jong dogters wanneer hulle hul adolessente fase betree.
30 Jagters in sprokies simboliseer dikwels ' sterk en beskermende vaderfiguur. Net soos in die storie van Rooikappie is dit 'n jagter wat vir Sneeuwitjie red en in hierdie geval haar lewe spaar. Wanneer Sneeuwitjie vir haar 'n tuiste saam met die sewe dwergies maak, vestig sy haar onafhanklikheid.
31 En wanneer Ornela alles begin na-aap wat Audrey doen, maak dit die lewe vir Audrey baie moeilik. In Kameelperdjie leer 'n les volg kinders op die blink-blou hakke van hierdie skreeusnaakse en oulike karakter. Audrey leer om 'n goeie rolmodel te wees, en Ornela ontdek haar eie Godgegewe talente.
32 Maar Anton, die skool se boelie, het 'n splinternuwe kaskar. En hy het 'n nare plan om seker te maak dat Zackie en Vincent nie die resies wen nie. Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers - en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers.
33 Sebra is baie hartseer en alleen toe sy beste maatjie, Kameelperd, wegtrek. Sebra se maats probeer verskillende dinge om hom op te beur. Sal hulle Sebra kan help om weer beter te voel? Tier neem die Bosresies baie ernstig op. Hy is sommer vies omdat die ander diere nie hard genoeg oefen nie.
34 Die Windlawaai kan enige masjien van 'n afstand beheer en as dit in die verkeerde hande beland, kan dit verskriklike gevolge he. Agent Snoet kry opdrag om die diefstal te ondersoek. Maar soos gewoonlik is dit sy slim kat, Felino, wat die eintlike baasbrein agter die ondersoek is.
35 Pleks van klein donsige kapokkuikentjies, het sy ontdek dat sy op twee kleinhondtjies sit. Hulle was baie klein, en dit het so gebeur. Tommie, aan wie Veerpootjie behoort het, was baie lief vir diere; toe hy hoor dat hulle buurman se hondjies kleintjies het, het hy gaan kyk.
36 Tommie het skielik 'n ingewing gekry. Wat van Veerpoot, sy eie kapokhennetjie? As sy die eiers kan warm hou, sal sy ook die hondjies kan warm hou. Die vraag was of sy op hulle sou sit? Tommie het vir die hennetjie 'n nes langs die stoof gemaak, haar daarop gesit, en die hondjies onder haar geplaas.
37 Die hennetjie het sommer hard begin kloek, en sy was vreeslik in haar skik met haar twee snaakse babas. Vir twee weke lank het die hennetjie die hondjies warm gehou, en toe het eers die een en toe later ook die ander hondjie doodgegaan. Dit was nie die hennetjie skuld nie; glad nie.
38 Waarom hulle doodgegaan het, het Tommie nie geweet nie. Nadat die hondjies dood was, het hy vir Veerpoot weer op die werf gelos, maar sy wou nie daar bly nie. Wanneer die kombuisdeur oopgaan, het sy dadelik ingestap na haar plekkie daar langs die stoof waar sy so gelukkig was met die hondjies.
39 Veerpoot was weer in die huis, en sy het van kamer tot kamer geloop asof sy na iets soek. Skielik het sy 'n klein porseleinhondjie op die klavier gesien. Sy het dadelik op die klavier gevlieg, hard begin kloek, en op die hondjie gaan sit asof sy eindelik gevind het waarna sy so lank gesoek het.
40 Eindelik is die instrument binne in die huis geinstalleer. Toe wou almal sommer telefoneer en met hulle vriende praat. Die opgewondenheid het tot laat die aand geduur toe dit al slapenstyd vir klein Alice was - sy het alles met die grootste belangstelling gadegeslaan, maar eindelik moes sy bed toe.
41 Moeder het gewonder waarom dit alles so stil was, en toe het sy 'n snaakse geluid gehoor; dit het geklink soos die geratel van die deurknop. Sy het op haar tone geloop om te gaan luister. Daar is die geluid weer, dit was 'n gewerkskaf aan die deurknop. En toe het sy 'n stemmetjie hoor praat.
42 Was dit nie liefies van haar nie! Miskien sal dit goed wees as ons ook aan gebed wou dink soos Alice in haar eenvoudige, kinderlike geloof. Miskied sal ons gebede dan nie so vormlik wees nie, maar werklik opreg, nes of ons met 'n vriend praat. Laat ons die Here nog vanaand telefoneer.
43 Dit het werklik gebeur met 'n predikant-vriend van my, en hy het my verseker dat dit heeltemal waar is. Jare gelede was hierdie meneer Brown - dis sommer 'n skuilnaam - baie platsak. Hy het geen geld in sy beursie en geen geld in die bank gehad nie. Ook het hy nie vriende gehad wat hom kon help nie.
44 Maar hulle sou darem vreeslik gelukkig gevoel het as hulle die geld gehad het om eers die ou rekening te betaal. Een agtermiddag het hulle vertrek na die dorp. Hulle motor was baie oud - dit was 'n ou Ford, en dit het so geratel en geskud dat dit enige oomblik uitmekaar kon val op die pad.
45 Maar dit kan nie wees nie! Hy het toe sommer onder die motor ingekruip en die snaakse pakkie opgetel. Ja dit was geld, egte papiergeld! Van buite was dit so vuil en vol stof dat dit duidelik was dat die geld al baie lank daar gelê het, so lank dit dit onmoontlik sou wees om die eienaar op te spoor.
46 Hulle het die rook geruik, en die geraas van die brandweer buitekant gehoor. Sommige van hulle het gewonder of hulle betyds uit die gebou sou kom, en hulle is die trap af so vinnig as wat hulle kon. Eindelik was hulle almal buite, maar dit was bitter koud, so koud dat die waterkrane toegeys was.
47 En daar was die kinders, almal net in hulle nagklere! Maar hulle het nie lank daar in die koue gewag nie, want daar het komberse gekom, en hulle is geneem na 'n huis in die nabyheid. Dit was die woning van 'n dokter; daar is hulle baie vriendelik ontvang, en hulle het 'n warm drank en koek gekry.
48 Dit is verbasend hoeveel slawe 'n mens nog aantref in hierdie land, en, om die waarheid te sê, in die hele wêreld. 'n Tydjie gelede het ek 'n gesprek gehad met die hoof-sipier van een van die grootste gevangenisse in die Verenigde State, en van hom het ek interessante dinge gehoor.
49 Hy vra hulle uit oor hulle huise, hulle mense, hulle werk, hulle opvoeding, en oor die oorsake wat daartoe gelei het dat hulle die misdaad begaan het. Weet julle wat die meeste van hierdie arme gevanenes aan hom vertel? Kan julle miskien raai? Julle behoort te weet. Alle mense behoort te weet.
50 Dit beteken dat hulle bier, wyn, whisky of ander soorte sterk drank gebruik het. Wanneer 'n mens van "drank" praat sluit dit al hierdie soorte drank in. Laat ons 'n bietjie luister na sommige van die gesprekke. Hier kom 'n seun van vyftien jaar - daar is talle sulke jong seuns in die tronk.
51 Maar Hy vergeet nooit ons gebede nie; hoe Hy almal kan onthou, weet ek nie. Soms, lank nadat ons vergeet het dat ons vir 'n sekere ding gebid het, kry ons daardie ding om ons te herinner aan Gods bedagsaamheid en liefde. So was dit in die geval van die vrou waarvan ek 'n tyd gelede gehoor het.
52 Sy het gedink aan al die plekke waar sy geloop het, en daar gaan soek, maar hoe sy ook al gesoek het, sy het die handsak nie gekry nie. Sy het oor die saak gebid, en haar man ook, maar niks het gebeur nie. Hulle het vir 'n hele paar weke gebid, en toe besluit om die saak maar te laat vaar.
53 Hulle het vir mekaar gesê, "Miskien is hierdie saak te moeilik vir die Here." Moontlik is dit om daardie rede dat Hy hulle so lank laat wag het. Maande later, so teen Kerstyd, het 'n jong man in daardie buurt gestap, toe hy tot sy verbasing 'n vroue handsak in die gras sien lê.
54 Hy was van plan om die polisie te bel, maar omdat hy op daardie oomblik iets anders moes doen, het hy dit in 'n kas gegooi en heeltemal van die handsak vergeet. Twaalf maande verbygegaan; ja, 'n hele twaalf maande, want dit was teen die volgende Kersfees dat hy eendag weer die handsak gesien het.
55 Al daardie tyd het die handsak veilig in die kas gelê. Die jong man was verbaas toe hy die handsak sien, en toe het hy onthou hoe hy dit opgetel het, maar hy was nie meer so seker nie. Omdat hy op daardie oomblik niks te doen gehad het nie, het hy besluit om die handsak oop te maak.
56 Omdat dit Tommie se verjaarsdag was, het hy gedink dat hy net soveel kon eet as hy wil, en hy het ook. Maar in die nag het hy wakkergeskrik, en sommer baie siek gevoel; die volgende oggend het hy kwaai hoofpyn gehad. Hy het so sleg gevoel dat Moeder gesê het dat hy in die bed moes bly.
57 Daardie storie oor Bobby laat my dink aan Louise. Sy was 'n baie klein dogtertjie, omtrent drie jaar oud, en sy was baie mooi. Sy het pragtige, goue lokke gehad, en die oulikste, fonkelende ogies. Ek het haar sommer liefgekry die oomblik toe ek haar sien, en julle sal ook as julle haar kon sien.
58 Nie so lank gelede nie het Louise dit in haar koppie gekry om die wêreld 'n bietjie te gaan besigtig, en dit sommer vingeralleen. Wanneer klein dogtertjies, en seuntjies ook, sulke planne kry, moet hulle liewer vir Moeder of Vader daarvan vertel, anders kan dit baie moeilikheid afgee.
59 Moeder het al die tyd gedink dat Louise in die tuin is, maar toe alles so stil daar was, het sy uitgegaan om te gaan kyk. Maar Louise was nêrens te sien nie. Moeder het na die bure gehardloop. Nee, hulle het ook nie Louise gesien nie, maar hulle sal help soek, het hulle gesê.
60 Ek het 'n slawe-seuntjie gesien, en dit ten spyte van die feit dat Abraham Lincoln so lank al dood is. Dit was 'n klein seuntjie, en dit het my laat dink dat hy nog baie jonk moet wees. Maar sy gesiggie het bejaard gelyk, en dus was dit moeilik om te skat hoe oud hy mag wees.
61 Alhoewel Tommy sommer nog 'n baie klein seuntjie was, het hy 'n wil van sy eie gehad. Hy was altyd daarop uit om sy eie sin te kry, en hy het nie daarvan gehou om deur ander gesê te word wat om te doen nie. Tommy het 'n aantal mooi motortjies en vragmotortjies gehad waarmee hy graag gespeel het.
62 Sy Pappie het die motors van tyd tot tyd vir hom gekoop. Hy het ten minste twaalf gehad. Onder sy motors was bloues, groenes en rooies. Onder hulle was 'n ambulans, en ook 'n brandweermotor waarvan baie gehou het. Tommy het gewoonlik met al sy motors op die voorstoep gespeel voor die garage.
63 Daar was natuurlik van Tommy verwag om sy motors te bêre nadat hy klaar gespeel het, maar dit is iets wat hy nooit wou doen nie; dat hy hulle later sou gaan haal; of dat hulle maar buite kon slaap sodat hulle die volgende dag sommer reg sal wees wanneer hy met hulle wil speel.
64 Sy ambulans was so plat soos 'n pannekoek; sy brandweer motor was heeltemal stukkend, en sy ander motors sou hy nooit weer kan gebruik nie. "Kyk wat het Pappie gedoen! Kyk net daar!" het Tommy geskreeu terwyl hy met sy flistslig na buite hardloop en sy stukkende motors een vir een begin optel.
65 Ek het nie lank daar deurgebring nie - nie so lank as ek graag wou nie - maar darem lank genoeg om een baie interessante ding op te merk. Die honde is in twee groot afdelings verdeel - die groot honde was op die onderste verdieping, en die klein hondjies was op die tweede verdieping.
66 Onder het ek gehoor hoe die groot honde met hulle diep basstemme knor en blaf; daar was bulhonde, wolfhonde, en jag honde. Daar was iets waardigs in die blaf van daardie honde. Maar op die boonste verdieping was dit 'n heetlemal ander storie - want daar was vir jou 'n lawaai.
67 Sommige is stil, waardig, betroubaar, en hulle hou ook van 'n bietjie speel so nou en dan, maar sodra dit verby is, gaan hulle sommer weer dadelik aan met hulle werk. Seuns en dogters met hierdie geaardheid dink baie en praat min. Hulle sal liewer 'n goeie boek lees as om lawwe stories te vertel.
68 Die ander - wel, wie ken hulle soort nie? Hulle is in die meerderheid net soos daar ook baie meer klein hondjies as grotes is. En, o, hoe kan hulle nie raas nie! 'n Mens hoor hulle op die trein, die bus, die tennisbaan, die voetbalveld, orals! Is dit nie steurend nie? Oor alles stry hulle.
69 As hulle moet veldwerk doen, wil hulle juis kolf; wanneer hulle uitgevang is, sal hulle sê dat hulle nooit aan die bal geraak het nie. En as hulle meisies is, sal hulle hulle doodmoeg praat oor filmsterre, die jongste modes, of die nuutste haarkapsels. Ons ken almal daardie soort.
70 Jessie is daar weg, so bly asof iemand haar 'n groot som geld nagelaat het. Maar dit is nie die end van die storie nie. Daardie aand is daar aan die deur geklop; Jessie het die deur gaan oopmaak, en daar het die predikant se vrou gestaan - een van haar beste vriendinne.
71 Ek is so bly dat ek u kon help om dit weer terug te kry. Ek het nooit gedroom dat dit aan u behoort nie, anders sou ek dit dadelik na u toe gebring het." "Ek weet jy sou," het die predikant se vrou gesê. "En ek wil net weer sê, Jessie, hoe baie ek waardeer wat jy gedoen het.
72 Die meerderheid van hulle het in die agterbuurte gewoon - plekke wat konings nie gewoonlik nie besoek nie - maar dit het Koning Eduard nie afgeskrik nie. Hy het by daardie huisies in en uitgegaan, en met die verbaasde moeders en kinders gesels asof hulle aan Sandringham-paleis behoort het.
73 Hierdie storie wat al so baie vertel is, sal seker nooit sterf nie, want dit het ewige hoedanighede wat die liefde van 'n koning verkondig vir 'n lydende onderdaan - liefde net soos die van God vir ons almal. As koning mag hy vergeet word, maar as 'n vriend van die volk sal hy altyd onthou word.
74 Eendag het ek 'n vriendelike dame ontmoet wat my vertel het dat sy vir jare 'n verpleegster was by 'n groot weeshuis. Sy het my baie staaltjies vertel. Hier is een oor 'n arme seun genoem Willie. Willie was bedlêend, en van die een maaltyd na die ander het hy niks gehad om te doen nie.
75 Die verpleegster het heen-en-weer geloop in die saal om haar groot gesin te versorg, en te kyk dat hulle enige kattekwaad aanvang nie. Sy het al haar pasiënte liefgehad, al het hulle haar soms moeg gemaak. Willie het daar in sy bed gelê en dan hiernatoe en dan weer daarnatoe gekyk.
76 Waarom hy skielik in die kous begin belangstel het, weet ek nie, maar hy het. Moontlik was dit omdat daar 'n klein gaatjie by die knie was en daar 'n stukkie los wol gehang het. Willie het sy hand uitgesteek en die kous voor hom op die bed geplaas; toe het hy aan die los stukkie breiwol begin trek.
77 Julle kan seker almal raai wat toe gebeur het. Die stukke wol waaraan hy getrek het, het al langer geword. Dit was vir hom snaaks, en hy het aangehou trek en trek. Baie gou was daardie gat by die knie groter, en voor hom op die bed het jaarts en jaarts los wol gelê, alles deurmekaar.
78 Toe die verpleegster weer by hom kom, was daar trane in Willie se oë. Hy het besef dat sy poging 'n volslae mislukking was. "Ek is jammer," het hy huilerig gesê, "Ek het my bes geprobeer om die wol weer terug te sit." Die verpleegster was jammer vir hom en het hom 'n soen gegee.
79 Nie een van hulle het ooit 'n oneerlike daad gedoen nie. As hulle kon praat, sou hulle aan jou sê dat hulle van jou verwag om in hulle voetstappe te wandel. Eendag, as die wêreld nog so lank sal staan, sal jou portret ook daar hang, en daar moet geen skande aan kleef nie.
80 Wie sal ons daar plaas? Miskien die portret van ons liewe Moeder, van ons opofferende Vader, van 'n dapper sendeling, of die een of ander persoon wat iets moois gepresteer het. Miskien kan ek julle 'n paar wenke gee. Self sou ek begin met 'n paar van die vernaamste Bybelfigure.
81 Wat van sommige baanbrekers op die gebied van Wetenskap en die medisyne? manne soos Thomas Edison aan wie ons elektriese verligting te danke het; James Watt, die uitvinder van die stoommasjien; Mevrou Curie, die ontdekker van radium; en Marconi, die uitvinder van die radio.
82 Miskien wil julle weet wat nou eintlik 'n merkwaardige ding is. Wel, dit is iets buitengewoons - iets anders as die alledaagse, soos byvoorbeeld 'n wonderlike klip op die strand, met 'n gat deur die middel. Daar is duisende klippe langs die strand, maar baie min van hulle het 'n gat in die middel.
83 Die van julle wat naby die strand woon, sal baie merkwaardige dinge vind as julle daarna soek, soos eienaardige skulpe, of stukkies seewier. Die wat op die platteland woon, sal merkwaardige dinge vind in die veld en in die bos - wonderlike voëls, seldsame blomme, hol boomstamme, en so meer.
84 Dan is daar snaakse honde en katte - honde met lang lywe en kort pote; katte met eienaardige kleure; nuwe soort motors; snaakse advertensies, en sulke dinge. As julle regtig 'n aangename tydjie wil deurbring, hou dan julle oë oop vir merkwaardige dinge wanneer julle gaan wandel.
85 As daar verskil van mening is, moet julle maar julle vriende gelyk gee, want dit sal hulle gelukkig maak, al sal julle self sleg voel omdat julle verloor het. As julle altyd julle oë oophou, sal julle allerhande soorte merkwaardige dinge sien, en dit sal die lewe baie interessanter maak.
86 Laat ons dus leer om opmerksaam te wees. Kyk na die prent van die olifant op die vorige bladsy. Daar is vir jou 'n snaakse iets! Het hulle al ooit 'n olifant gesien wat sy toonnaels laat afsny? Ek glo nie julle het nie. Wel, hierdie olifant se toonnaels word eintlik afgevyl, nie afgesny nie.
87 As julle ooit in die dorpie Kilmersdon in Somersetshire, Engeland, kom, sal julle daardie boom kan sien - dit is as dit nie op die een of ander manier vernietig is nie. En die wortels van hierdie boom is nie in die grond nie, hy moet al die voedingstowwe uit die dak self kry.
88 Deur die aksie van water honderde jare gelede, het die hout versteen, en 'n mens kan die pragtigste kleure in hulle sien. Baie van dieselfde soort half-edelstene waaruit die muur van die Nuwe Jerusalem bestaan, kan 'n mens daar sien, soos byvoorbeeld jaspis, ametis, oniks en ander.
89 Duisende tonne van hierdie pragtige versteende hout is tot ornamente verwerk. In Nieu-Mexico is daar 'n rots in die woestynvlakte wat so baie op 'n skip ter see lyk dat dit bekend is as Skiprots. In Arizona is daar 'n eienaardige rots met 'n groot gat dwarsdeur, soos 'n venster.
90 In Kalifornië, waar die reuse rooihoutbome groei, is daar een boom wat so groot is dat die hol stam as huis ingerig is. Dit is bekend as die Boomhuis. Die pit van hierdie boom het jare gelede uitgebrand, en iemand het 'n winkel daarin ingerig waar soeweniers verkoop word.
91 Wanneer 'n mens dit van die regte hoek af bekyk, sien hy die belyning van 'n menslike gesig - hulle noem dit die Great Stone Face; ander noem dit die Ou Man van die Berg. Die voorhoof is honderd voet breed, met neus, lippe, en kin na houding. Julle kan julle dus voorstel hoe groot dit moet wees.
92 Miskien het julle gehoor van daardie vreeslike gebeurtenis, toe twee groot stede verwoes, byna 'n kwart miljoen mense gedood, en duisende beseer is in die aardbewing wat die huise op die mense laat instort het. In daardie tyd het daar net buitekant Tolio 'n sendingesin gewoon.
93 Toe dit feitelik tyd was vir die diens, het hulle besluit om haar maar saam te neem en vir die beste te hoop. Hulle het dit gedoen, en die diens het soos gewoonlik voortgegaan totdat die laaste lied gesing moes word. Toe is die eerste gedreun gehoor van die naderende aardbewing.
94 Toe hulle na die stad kyk, was daar al honderde huise aan die brand. En net waar hulle kyk het huise omgekantel. Vader en Moeder het natuurlik aan hulle eie huis gedink. Wat sou daar gebeeur het? Hulle het gehardloop om te gaan kyk. Die huis het nog gestaan, net die skoorsteen het omgetuimel.
95 Hy was byna klaar. Onderweg huis toe het 'n motor skielik langs hom stilgehou. 'n Vreemde man het by die venster uitgeleun en vir Raymond gevra of hy hom kon oplaai. "Nee, dankie," het Raymond gesê, watn hy het sy Moeder se waarskuwing onthou om nooit in die motor van 'n vreemdeling te klim nie.
96 Toe het hy onthou dat sy Moeder aan hom gesê het dat as hy vir Jesus werk, hoef hy nooit bang te wees nie, want die engele sal hom sekerlik beskerm. Toe het hy sy gebedjie begin opsê, maar hy was so bang dat hy sommer hard gebid het. "Wat sê jy daar?" het die man gevra.
97 Terwyl Raymond daar langs die pad staan, en nie geweet het wat om te doen nie, het 'n vuurvrou na hom toe gekom en gevra, "wat op aarde maak jy hier vingeralleen?" Raymond het haar alles vertel wat gebeur het. Sy het toe haar eie motor gaan haal en hom teruggeneem na sy Moeder.
98 Klein Muriel was 'n baie eensame dogtertjie. Haar moeder het siek geword en is na die hospitaal geneem, en sy moes solank by haar tante gaan woon. Sy het graag by haar tante gaan kuier, maar daar was niemand om mee te speel nie. Haar tante was oud, en sy het al vergeet dat sy ook self 'n kind was.
99 Muriel was vir 'n hele ruk besig om 'n toonbank in te rig, maar toe dit klaar was, het sy weer begin eensaam voel, want wat help 'n winkel as daar nie klandisie kom om die goed te koop nie? Sy het toe maar een van haar poppe voor op die toonbank gsit as iemand wat kamma iets kom koop.
100 Muriel het gou daardie plan opgegee en die pop uit die winkel gesit. "Ag, dis darem droewig," het sy gesê. "Ek wens dat hier iemand wil kom om met my te speel!" Haar woorde was nog skaars koud toe 'n mooi kat om die hoek van die winkel kom en sommer bo-op die toonbank spring.
101 Muriel het geraai wat die kat wou hê, en sy het 'n kont suiker vir die kat gehou om te sien of sy reg geraai het. Meneer kat het sy bek nog wyer oopgemaak en sommer die hele klont suiker ingesluk. Muriel het blykbaar reg geraai. "En nou, Meneer Kat, gaan jy nie betaal nie?" het Muriel gevra.
102 Wel, die twee het lekker saamgespeel. Solank as die voorraad suiker gehou het, was Meneer kat 'n gereelde koper, en Muriel het ook baie ander goed aan hom verkoop. Die volgende dag was hy weer daar, en hulle het die hele spel weer van vooraf gespeel. Muriel het 'n blink gedagte gekry.
103 Meneer Kat het die idee beaam, en hy het kort-kort 'n piering melk bestel. Daar was net een moeilikheid, en dit was om genoeg melk van tante te kry vir die winkel, want tante kon nie verstaan waarom sy soveel melk verkoop nie. Binne 'n kort tydjie was Muriel en Meneer Kat groot vriende.
104 Hy het haar gevolg net waar sy gaan, en het slefs saamgegaan wanneer tante en Muriel iets in die dorp gaan koop het. Hy het die hele dag saamgespeel, en Muriel het gou haar eensaamheid vergeet. Toe het daar eendag 'n brief gekom om te sê dat Moeder beter is, en dat Muriel weer kon huis toe gaan.
105 Tante het gesê dat dit sommer lawwigheid is om oor 'n kat te huil, veral daar sy baie dankbaar behoort te wees dat haar moeder so mooi herstel het; maar Muriel kon dit eenvoudig nie help nie. Eerlank was sy terug by die huis, en sy was so bly dat Moeder weer sterk en gesond was.
106 Intussen het Mevrou Mossie 'n mooi plekkie tussen 'n paar pype uitgesoek. Meneer Mossie het die strooi neergesit, en het meer gaan haal. Dit het hulle nie lank geneem om die nessie te bebou nie, en na 'n dag of twee was dit kant en klaar. Maar, toe skielik, het daar 'n vreeslike ding gebeur.
107 Hulle is sonder versuim van daardie kerktoring af weg, die donker, koue nag in. Die arme mossies sal seker nooit weet wat daardie aand gebeur het nie. So lank as hulle lewe, sal hulle aan hulle vriende vertel hoe hulle hulle mooi tuiste kwyt is, en hoe dit in daardie toring spook.
108 Die waarheid van die saak is dat hulle hulle nessie tussen die orrelpype gebou het. Die gebrul wat hulle daardie Woensdagaand gehoor het, is verhoorsaak deur die orrelis wat die liedere vir die biduur gespeel het. Vir die mense in die kerk, was die musiek mooi. "Hoe heerlik!" het hulle almal gesê.
109 Miskien het julle ook al 'n dogtertjie hoor sê: "Ek weet nie waarom ek so swaar het nie. Ander dogtertjies het sulke mooi goed." Ek sal toegee dat 'n mens nie altyd dinge verstaan nie; en wanneer julle so voel, moet julle daaraan dink dat Iemand besig is om op die orrel van julle lewens te speel.
110 Onderwyl Moeder gelees het, het Barbara se belangstelling al groter geword. In haar verbeelding het sy gesien hoe die man met die vyf talente handel dryf en nog vyf talente win om aan sy Koning te gee. Sy het gesien hoe die man met die twee talente hulle vermeerder het tot vier.
111 Die volgende dag het hulle Moeder se plan oor en weer bespreek, en daardie aand het die drie kinders geoefen terwyl Moeder hulle op die klavier begelei het. Sommer gou kon hulle 'n hele paar Kersliedere sing, en dit het hulle baie gretig gemaak om uit te gaan en te sien wat hulle kan doen.
112 Twee aande later is hulle ook weg, en hulle het dit vreeslik geniet! Barbara het gesing soos nog nooit tevore nie. Sy het gevoel dat sy haar een talent vir Jesus gebruik. Die mense het hulle vensters oopgemaak om te luister na die helder stemmetjie wat hulle oor die aandlug gehoor het.
113 By elke huis het sy iets gekry. Een dame het 'n trippens gegee, 'n ander een 'n sikspens, en een ou oom het sommer 'n hele sjieling uit sy broeksak gehaal. Toe hulle eindelik tuiskom, was hulle so opgewonde en gelukkig dat Moeder byna nie geweet het wat om met hulle te maak nie.
114 Sommige van hulle het sommer twee en drie. As hy nou ook 'n vlieër het, sou hy baie gelukkig wees. Hy sou niemand ooit weer lastig val nie. Pappie sou sy koerant sonder steurnis kon lees, en hy sou nooit gevra word om die vlieër in die lug op te stuur, of om die tou op te draai nie.
115 Die vlieër sou 'n baie groot seën vir die hele gesin wees. En dit alles vir slegs 'n sikspens wat hy op sy erewoord sou terugbetaal binne die volgende twaalf maande. Of George hom omgepraat het, en of dit uit pure moedeloosheid was, weet ek nie, maar Pappie het eindelik saamgestap na die winkel.
116 Maar George het weggebly. Pappie het gaan kyk waar hy is. Hy het hom in die ander kamer aangetref met 'n vreeslike deurmekaar hoop tou op die vloer. Die arme George het daar gesit en geprobeer om die boel uitmekaar te kry. Hy het getrek en deurgesteek en gedraai, en hy het te mismoedig gelyk.
117 Sê nou daar was vandag geen treine nie! Wel, dit sou ons die moeite gespaar om hulle te gaan haal, maar dit sou darem ook baie ongerieflik wees. Ons kan ons voorstel hoe dit sou wees as daar geen treine was nie, want in sommige dele van die wêreld is daar soms stakings deur die spoorwegmanne.
118 Maar sowat honderd-en-veertig jaar gelede was die hele land soos in 'n spoorwegstaking, en treine was onbekend. In daardie dae was daar niemand wat 'n lokomotief kon maak nie. Daar was destyds 'n man, George Stephenson, wat geprobeer het om 'n idee uit te werk, maar dit was 'n baie lomp affêre.
119 Om te verhoed dat die kante insak, het hulle 'n skerm gebruik wat vorentoe geskuif is namate die tonnel gevorder geword het. Deur hierdie metode kon hulle sommer onder die strate en huise deurtonnel, en al openings na die oppervlakte was die skagte waar die stasies gebou is.
120 Maar Ronny het misgelaan. Pleks dat hy die bal slaan, het die bal hom hard teen sy voorkop getref. Toe hy met sy hand aan die plek voel, was dit vol bloed. Ronny het bleek geword, sy kolf laat val, en in die rigting van die skool gestap. Die seuns het nom na een van die klaskamers gehelp.
121 Saam is hulle na die kleedkamer, en daar het die groot seun, saggies, net soos sy moeder, die wond gebaai en dit verbind met verbande uit die noodhulpkissie. Toe het hy vriendelik middag gesê, en na sy eie klaskamer gegaan. Toe Ronny daardie aand tuiskom, het hy opgewonde vertel wat gebeur het.
122 Ronny moes al om vieruur daardie agtermiddag tuis gewees het, en daar was nou nog geen teken van hom nie. Dit het vyfuur geword en nog geen Ronny nie. Moeder het haar eers vererg, en toe het sy baie onrustig begin word. Om half-ses, net toe sy besluit om die polisie te bel, het Ronny opgedaag.
123 Die huise staan sommer in lang rye, teen mekaar, aan albei kante van die straat. Die deure gaan sommer op die sypaadjies uit. Dit wemel van die kinders, in vuil, stukkende klere. Daar is 'n huis waarvan die blindings afgetrek is. Daar moet iets verkeerd wees. Laat ons gaan kyk.
124 Dit word oopgemaak deur 'n man wat baie bedroef lyk. Daar is trane in sy oë, en 'n mens kan sommer sien dat hy gehuil het. Hy neem ons na 'n klein kamertjie in die agterste gedeelte - dis maar nege by nege voet, en daarin het hy en sy vrou en drie kinders gewoon; maar hulle is nie nou daar nie.
125 Hulle was ondervoed, en toe hulle siek word, het hulle geen krag gehad om weerstand te bied nie. Daar is geen meubels in die kamer nie, behalwe die doodkis waarin die kinders se mammie nou lê. Ons vind twee van hulle aan die slaap op die bed van een van die bure in die ander kamer langsaan.
126 Ja, maar wag, daar is nog meer om te sien. Kyk na die huis in die volgende straat. Dit is 'n bietjie groter as die een waar ons nou net was, maar vyf-en-twintig mense woon daarin. Die gesin wat ons wil besoek, woon in die kelder kamers - net twee kamers - 'n slaapkamer en 'n kombuis.
127 Daar is orals gate in die vloer, en sommige is met stukkies plaat toegemaak. Dit is rotgate, en so fris as die gate toegemaak word, vreet die rotte nuwes. Kyk na daardie barste by die kaggel; dit is waar die kakkerlakke wegkruip; saans kom hulle by die honderde uit sodat die kamer van hulle wemel.
128 Ja, dit is. Kyk daardie onderwetse ou ysterkatel, met sy mat wat in die middel amper aan die vloer raak. Niemand kan seker op so 'n ongemaklike bed slaap nie! O ja, dis waar die kinders slaap; almal slaap op daardie een bed - of ten minste vier van hulle - tussen die rotte en muise en goggas.
129 Kom laat ons noumaar loop Julle wil niks verder sien nie, ek weet. Nou ja, goed, kom dan saam met my na Tommy se sendingsaal - julle weet die een waar die oesfees gehou is. Ek wil julle laat sien hoe daardie liewe mense sorg vir die ongelukkige kinders van die arm gesinne.
130 Dit is tien minute voor vyf, en 'n skare opgwonde kinders stroom in, dosyne en dosyne en dosyne van hulle, almal vuil en verflenterd, maar almal so bly en gelukkig dat hulle binne 'n paar minute iets gaan kry om te eet. Julle het seker nog nooit so 'n skouspel in julle hele lewe gesien nie.
131 Hulle hare is nie gekam nie, en hulle gesiggies is vuil. En van hulle neuse wil ons nie eens praat nie! Die arme kinders! Ons kan al die kos ruik; dit sal seker gou gereed wees. Die heerlike geur laat almal se gesigte straatl van verwagting. Hulle kan byna nie meer wag nie.
132 Natuurlik het al daardie kinders besluit om dapper te wees; en dit was ook die rede waarom hulle so opgeruimd gelyk het; maar hulle gedagtes was tuis by hulle ouers wat hulle agtergelaat het, en by hulle boeties en sussies en troeteldiertjies - almal dinge wat hulle aan die huis gebind het.
133 En nou was hulle besig om die land te verlaat wat hulle so lief het; hulle sou na 'n vreemde land gaan, maar daar sou vriende wees om hulle te verwelkom mits hulle natuurlik gelukkig genoeg is om veilig anderkant te kom. Maar die groot vraag is of hulle veilig anderkant sou aanland.
134 Hy het alles vir hulle gedemonstreer, hoe om die gordel oor die kop te sit sodat dit die kop bo water kan hou in die see. Onder die honderde mense op dek was klein Tommie. Hy was maar ses jaar oud, en feitelik nog te jonk om te weet waaroor die skeepsoffisier gepraat het.
135 Eindelik het die skeepsoffisier gesê: "Wel, dis genoeg vir vandag, maar onthou om julle reddingsgordels aan te hou totdat ons uit die gevaarsone is," en daarmee het hy hulle verdaag soos 'n klas op skool. Sommige van die mense is na hulle kajuite, en ander het na die eetsalon gegaan.
136 Wat se lawaai is dit daar in die tuin! Daar is gegil en geskreeu, so erg dat Moeder besluit het om te gaan kyk wat aan die gang was. En wat sou sy sien? George en Janet het woes op die grond gestoei; hulle het gekrap en geskop en dinge vir mekaar gesê wat ek nie hier kan neerskryf nie.
137 Dit was die predikant se vrou en hulle dogterjie, Clarice. Dit was sommer 'n vriendelike besoek, en Moeder het hulle gevra om in te kom. Daar agter die rusbank kon Janet nie haar oë van Clarice of hou nie. Sy was so deftig! Haar hare was so mooi gekam, en sy het 'n pragtige rokkie aangehad.
138 Hoe het haar skoentjies geblink! Sy was so skoon, en so goedgemanierd. Sy het Moeder baie deftig gegroet, en toe stil gaan sit. Sy het nie gepraat as daar nie met haar gepraat is nie. En hoe musikaal was haar stem wanneer sy praat! Sy het so vriendelik geglimlag dat dit 'n genot was om te aanskou.
139 Sy het nog nooit so vuil gevoel as juis op daardie oomblik nie, en sy het ook nog nooit so skaam gevoel nie. Eindelik, na wat vir Janet 'n ewigheid was, het die besoeker gegroet en geloop. Hoe bly was Janet om uit haar skuilplek te kom. "Wat 'n liewe dogtertjiie" het sy gesê.
140 Na 'n rukkie het die trein stilgehou. Daar was 'n stamp toe die hulp-lokomotief aangehaak is, en toe het die trein verder begin klim. 'n Mens kon voel dat die trein nou sommer baie makliker klim. As ek nie die berge deur die venster kon sien nie, sou ek glad nie geweet het dat die trein klim nie.
141 By die kort draai kon ek af en toe die hulp-lokomotief sien. Dit was voor by die ander lokomotief en het saam met hom getrek, en so het hulle saam die trein getrek. Toe ons bo kom, is die hulp-lokomotief weer afgehaak, en dit is terug om die volgende trein te gaan hlep die steilte uit.
142 Hoe swaar is dit soms om die swaar trein van die behoeftes van die gesin te trek die steil berge uit! Dan is daar nog 'n lokomotief, Moeder; hoe swaar moet sy werk om die huis aan die kant te hou, die kos te kook en vir die gerief van almal te sorg. Soms met sy baie steil berge uitklim.
143 Ek kan aan baie maniere dink waarop sulke hulp-lokomotiewe die groot lokomotief kan help met die vrag; julle kan ook seker aan baie maniere dink. Hulle kan hout of steenkool in die kombuis bring om mee vuur te maak. Hulle kan help met die skottelgoed, en met die huisskoonmaak.
144 Hulle kan die bad en die wasbak skoonmaak. Hulle kan die tuin skoonmaak. Hulle kan skoene skoonmaak. En hulle kan help met die wasgoed en strykgoed. Ja, daar is seker monderd maniere om die groot lokomotief te help teen die swaar berge van die lewe uit as hulle maar net wil.
145 By elke geleentheid wat sy gekry het, het sy in die strate van die stad waar sy gewoon het, gegaan om traktate en blaaie en Bybeltjies uit te gee wat vertel het van die liefdie van Jesus. Sy het so lieflik geglimlag vir die mense dat hulle nooit geweier het om 'n traktaat van haar te neem nie.
146 Sy was so opgeruimd en vriendelik dat hulle nie kon help om een te neem nie. Toe sy weer een Sondagnamidag glimlaggend besig was om haar "sendingblaae" uit te gee, het sy skielik iets gesien wat haar vir 'n oomblik baie bang gemaak het. 'n Man het waggelend na haar toe aangekom met die sypaadjie.
147 Hy was toe 'n diaken van 'n groot kerk in Kalifornië. Hy het my vertel dat hy daardie dag toe Bettie vir hom geglimlag het, sonder werk, sonder tuiste, en sonder geld was - hy het niks gehad nie. Vandag is hy gelukkig en voorspoedig, en daar is in al sy behoeftes voorsien.
148 Op die tafel voor hom was 'n klein swart kissie wat sy Vader hom gegee het, en waarin hy sy kosbaarhede toe gesluit het sodat sy broertjie hulle nie kan bykom nie. Die kissie was gesluit, en Henry het geprobeer om dit oop te sluit. Die sleutel wou eenvoudig nie in die slot draai nie.
149 Hoe hy ookal geprobeer het, kon hy dit nie oop sluit nie. Hy het die sleutel ingesteek en dan weer uitgetrek, hy het dit so gedraai, en dan weer so, maar die kissie oopkry was min. Hy het met sy vuis op die kissie geslaan, hy het dit geskud, en dan weer onderstebo gehou, maar niks wou gebeur nie.
150 En hy was so haastig. Hy het belowe om een van sy vriende in die dorp te ontmoet, maar die posseëls wat hy hom wou wys, was in die kissie teogesluit. Maar waarom wil die kissie dan nie oopgaan nie? Toe het Moeder ingekom en gevra wat skeel. "Dis hierdie kissie," het Henry kortaf gesê.
151 Groot blomkranse versier die plek, en daar staan twee soldate in volle mondering op wag. Terwyl ek daarna gestaan en kyk het, het ek iets ongewoons opgemerk. Die twee soldate het almal gesalueer - mans, vroue, en kinders - wat daar verby gegaan het en die dode geëer het wie se graf hulle bewaak het.
152 Die kinders het volle gebruik gemaak van die voorreg. Waar hulle so by die wagte verbygeloop en gesalueer het, het die wagte hulle teruggesalueer, en hulle het baie tevrede met hulleself gelyk. Neen een is teleurgestel. Dit was 'n klein dogtertjie van omtrent twee en 'n halwe jaar.
153 Ek het ook vir haar jammer gekry. Ek het gewonder wat sou gebeur as 'n uitlander daar verbyloop, en daarom het ek ook daar verbygeloop en gesalueer. Dadelik het die wagte my saluut beantwoord, en toe ook kon ek beter verstaan waarom die kinders so graag daar verbygeloop het.
154 En ons moet nie sommige mense oor die hoof sien soos daardie twee wagte nie, maar ons moet notisie neem van selfs die kleinste kinders deur hulle te help en hulle vriendelik te groet. Die Hemel het die kleintjies baie lief, en ons moet ook vriendelik teenoor hulle wees en hulle liefhê.
155 Hulle harte wou sommer gaan staan. Hulle het gemeen dat hulle inbrekers hoor! En wat nou gedoen? Hulle het doodstil gestaan en luister. Daar hoor hulle weer die geraas. Maar dis snaaks! 'n Inbreker sou hulle mos hoor en die lig sien wat hulle aangeskakel het - of miskien is hy baie besig.
156 O! die kamerdeur is oop, en daar spring 'n ding uit. Dis 'n hond! 'n Rooi-bruin jaghond. Toe hy verdere ondersoek instel, het my vriend ontdek dat die hond deur 'n oop venster ingekom het, en dat hy werklik op die bed gelê en slaap het - hy het natuurlik wakkergeskrik toe hy die mense hoor inkom.
157 Maar wat ek graag sou wou weet, en julle natuurlik ook, is waar Fluks daardie koekies gekry het? Miskien is dit nie 'n regverdige vraag nie. Ons sal maar liewer 'n sluier trek oor wat miskien 'n misstap was. En is dit nie wat die Bybel ons leer, naamlik dat liefde 'n menigte van sondes bedek nie.
158 Ja, dit was 'n hond - 'n pragtige swart jaghond - wat so hard as wat hy kon langs die trein gehardloop het. Waar sou sy huis wees? Waarom was hy daar? Sou hy wou hê dat die trein moet stop en hom oplaai? Toe het daar 'n interessante ding gebeur. Uit die laaste wa het iemand 'n koerant gegooi.
159 Dit was eers vir my vreemd om so iets te sien, want daar was dit gebou in die middel van 'n ploegland, en sonder 'n heining aan weerskante. Ek het gewonder waarom hulle so 'n pragtige poort daar gebou het op so 'n afgeleë plek. Maar toe ek nader kom, het ek die rede ontdek.
160 Baie van die probleme wat daar vandag is, sou verdwyn! Alhoewel so iets miskien nie moontlik is weens toestande soos hulle vandag is nie, behoort seuns en dogters vredespoorte op te rig net waar hulle kan, sodat hulle na ander kinders en hulle probleme deur daardie poorte sal kan kyk.
161 Ek het nog nooit 'n prys gekry nie, en sal seker ook nooit nie. Ek is 'n domkop, dit is wat ek is, en ek sal nooit iets in die wêreld word nie." "Nee wat, Marie, jy sal nog presteer. Daar is onderwerpe waarin jy byna vol merke het. Nou die dag het jy dan vyf-en-negentig persent vir somme gekry.
162 Dit hoef nie altyd 'n spieël van glas te wees nie; 'n stil plas water is ook 'n baie goeie spieël. Julle het al seker gehoor van Mirror Lake in Kalifornië; dit is 'n baie pragtige meer waarin 'n mens 'n volmaakte weerkaatsing van die berge en bome kan sien. Daar is baie sulke mere.
163 Ek het jare gelede so 'n meer in die hooglande van Skotland gesien. Maar daar is nog ander soorte spieëls ook. Miskien is jy die trotse eienaar van 'n horlosie. Wat maak jy gewoonlik as jy by die toringklok verbygaan? Sonder dat jy dit weet, kyk jy na jou horlosie om te sien of hy reg is.
164 Maar hoe kan die Tien Gebooie 'n spieël wees? Dink maar vir'n oomblik. Jy doen iets wat nie reg is nie, of altans jy is nie seker dat dit reg is nie. Dan kyk jy na die Tien Gebooie, daardie wonderlike goddelike spieël, en jou gewete vertel jou dat iets uit sy plek is - iets wat moet reggemaak word.
165 Pappie was onder in die tuin besig om ertjies te plant. Hy het die rye sorgvuldig gemaak, sodat die ertjies in mooi, reguit rye kon staan. Mabel het gestaan en kyk wat haar Pappie doen, en toe het sy besluit om ook ertjies te plan. Sy het haar grafie gevat en 'n gat in die grond gegrawe.
166 Hy kon nie begryp waarom hy nie met sy bootjie ook daar kon speel nie, en waarom die ander seuns nie met hom wou speel nie, en toe het hy droewig begin huil. Hy het so 'n keel opgesit dat 'n mens dit wie weet waar kon hoor. Die trane het soos 'n waterval oor sy wange gerol.
167 Hy het hom aan sy handjie geneem en teruggelei na die poel water en aan hom gesê dat hy ook saam met hulle kon speel as hy wou. Dadelik het die klein seuntjie opgehou met huil, en eerlank het hy lekker gelag. Hy het heerlik daar in die water rondgestap en met sy "Keena Mary" gespeel.
168 Dit begeer die gawe, maar nie die gewer nie. Jimmy was iemand met baie brood-en-botter liefde. Wanneer sy oom by hulle kom kuier het, het Jimmy hom voorgedoen asof hy danig baie van sy oom hou, sodat sy oom hom na die stad geneem en vir hom 'n nuwe speelding gekoop het.
169 Sy was baie treurig om haar huis en Jimmy te verlaat, en elke dag het sy verlang om weer huis toe te gaan. Terwyl sy daar in die bed lê, het sy haar voorgestel hoe sy weer gesond is en by die hekkie instap, en hoe Jimmy haar tegemoet snel en sy arms om haar slaan om haar te verwelkom.
170 Die dogtertjie in hierdie storie was maar net drie jaar oud toe sy hierdie mooi ding gedoen het waarvan ek julle nou gaan vertel. Hoeveel goeds kan selfs so "n klein dogtertjie doen! Haar Vader was 'n belangrike sakeman - 'n baie belangrike een, maar hy het siek geword.
171 Hy was so ernstig siek dat hulle twee dokters ingeroep het, en die diensbodes in die groot huis waar hy gewoon het, is gewaarsku om so min geraas moontlik te maak om nie hulle meester te steur nie. Niemand is in die siekekamer toegelaat behalwe die dokters en die verpleegsters nie.
172 Die dokters het daarop aangedring dat hierdie reël baie streng nagekom moes word. Niemand moes toegelaat word om die pasiënt lastig te val nie, het hulle gesê. as die pasiënt net kon slaap sou daar miskien hoop vir hom wees. Maar dit was juis wat die pasiënt nie kon doen nie.
173 Uur na uur het hy rusteloos gelê, en hy het met die dag swakker geword. Sy toestand het eindelik so versleg dat die dokters gevoel het dat daar niks meer was wat hulle kon doen nie. Hulle gemeen dat hy dit nie meer lank sou maak nie, en hulle het die gesin gewaarsku om die ergste te verwag.
174 Met tye, wanneer niemand haar sien nie, het sy op haar toontjies geloop tot by die kamerdeur, en daar het sy gestaan en luister totdat die verpleegster uitkom, en dan het sy so vinnig weg weggehardloop dat die verpleegster nie eens met haar kon raas nie. Gloria wou vreeslik graag haar Pappie sien.
175 Sy het gevoel dat hy haar nodig het, en dit het haar baie kwaad gemaak wanneer hulle haar belet het om die kamer binne te gaan. En toe, een namiddag, toe sy weer daar in die gang gestaan en wag het by die deur van Pappie se kamer, het die verpleegster uitgekom en na die badkamer gegaan.
176 En van toe af het hy sommer begin herstel totdat hy volkome gesond was. Vandag is hy weer terug op sy kantoor, en hy word nooit moeg om te vertel hoe sy lewe gered is, nie deur die dokters nie, maar deur die gebedjie van sy eie dogtertjie, Gloria, daardie namiddag by die venster.
177 Vir jare het die mense gedink aan 'n brug oor die Golden Gate te San Fransisco, maar die meeste het gedink dat so iets nie moontlik was nie. Daar was die sterk stroming om mee rekening te hou, en dan sou die brug ook hoog genoeg moes wees sodat die grootste skepe daaronder kon deur.
178 Maar die groot vraag was of dit gedoen kon word. Sommige het gemeen dat dit wel moontlik was, maar ander het gesê dit dit onmoontlik is. Daar was egter 'n paar moedige manne wat besluit het om te probeer. Daar is 'n plan opgetrek, en die ingenieurs het met hulle groot taak begin.
179 Een van hierdie torings het diep in die water gestaan, en dit was baie moeilik om te bou. Die bouwerk moes uit bote gedoen word, met 'n stroming van agt myl per uur, en soms was die deining in die baai so erg dat die bote tot vyftien voet hoog opgelig is om dan weer dieselfde afstand te daal.
180 Juis waarom hulle die ekstra halfduim bygevoeg het, weet ek nie. Nadat die twee groot kabels aan albei kante vasgeanker was, het hulle die raamwerk wat as pad vir die voertuie sou dien, gebou en aan die reusekabels gehang. Daar was groot blydskap toe die eerste dwarsbalk gelê is.
181 Die smid het 'n baie mooi dogter gehad, en sy het geprobeer om haar vader te troos; sy het voorgestel dat hy die wyse manne moes raadpleeg. Hy het dit gedoen, en hulle het hom meegedeel dat die gesmelte metaal nie reg hard sou word tensy dit met menslike vlees vermeng word nie.
182 Weereens het die smid die metaal gesmelt. Terwyl hy besig was om dit in die groot vorm te giet, het hy gewonder of dit hierdie keer 'n sukses sou wees, en of dit miskien weer 'n barsie sou toon? Skielik het hy gesien hoedat sy dogtertjie oor die kant spring in die gesmelte metaal.
183 Julle sal nooit raai wat hy nou die dag gedoen het nie. Elke keer wat ek daaroor dink, moet ek lag, alhoewel ek eerder behoort te huil oor wat baie lig kon gebeur het. Wel, die storie is so: James was in die tuin by sy Pappie. Ek was toevallig naby, en het alles gesien.
184 Net toe het hulle hond, Prins, daar aangehardloop gekom. Prins het taamlike lang hare - 'n hond wat baie mooier sou lyk met geknipte hare. James het natuurlik ook so gedink, want hy het dadelik sy grassnyery gestaak, en Prins geroep. Hy het na Prins gegryp, en hom aan die agterpoot beetgekry.
185 Met haar eggenoot en klein seuntjie woon sy in 'n afgeleë deel van Nieu-Suid-Wallis in Australië. 'n Endjie van die plaashuis af loop 'n rivier. In gewone tye was hierdie rivier nie gevaarlik nie, maar soms, na swaar reëns, het dit so vol geword dat dit verspoelings en groot skade veroorsaak het.
186 Ook Vader was onrustig, want hy het geweet wat so baie reën kan beteken. Die rivier het al voller en voller geword. Sou die reën ophou voor die rivier sy walle oorstroom? As Moeder maar net tuis was, het John en sy Pappie gedink, sou hulle nie so onrustig gevoel het nie.
187 Maar Moeder was weg om 'n siek vriendin te gaan verpleeg. Daar was die twee alleen, en hulle het gewag en gewag, en gewonder en gehoop. Skielik het Pappie uitgeroep. "Kyk, daar kom die water!" Die rollende vloedwater was nog 'n half myl van hulle af, en hulle kon sien hoe dit aangerol kom.
188 O, daar's hy! Hy kon nou sy Pappie sien, halflyf in die water wat nog altyd gestyg het. Maar kyk! die water slaan sy voete onder hom uit, en hy moes vreeslik spartel; die stroming was al te sterk, en hy moes sien hoe beeste, hoenders en opdrifsels deur die water meegevoer word.
189 Juis op die oomblik toe dit gelyk het of die water sy Pappie sou meusleur, het daar 'n gaffel met 'n lang steel op die water verbygedryf by die plek waar sy Pappie staan; hy het die gaffel gegryp en die tande daarvan diep in die grond ingedruk, en dit het hom gehelp om nie sy balans te verloor nie.
190 Skielik het daar groot hoop in Johan se hart ontbrand. Daar, in daardie mooi huise, sal seker tog iemand wees wat vir hom sal sorg. So seker was hy dat sy moeilikhede spoedig tot 'n einde sou kom, dat hy sommer baie vinniger begin stap het. Eerlank het hy voor 'n pragtige groot huis gekom.
191 Hy het weer by 'n huis gekom, en daar het hy musiek en die gelag van mense gehoor. Hier woon seker vriendelike mense het hy gedink, en hy het saggies aan die deur geklop. Maar die joligheid daarbinne was so groot, dat hy verskeie maal moes klop, en elke keer ook harder.
192 By die volgende huis het 'n ongeduldige ou man by die boonste venster uitgekyk en hom beveel om huis toe te gaan en mense nie lastig te val nie. By 'n ander huis het die mense gesê dat hy 'n ander dag moes kom; dan kan hulle hom miskien help. Maar hy het nou hulp nodig gehad.
193 Maar dit sal tog nie help nie. As die mense wat in daardie mooi groot huise woon, en wat die baie geld en die mooi ghoed het, nie 'n arme seuntjie kon help nie, hoe sou die mense in hierdie ou huisie dit kan doen? Nee wat, hy sal nie klop nie; hy sal die mense nie lastig val nie.
194 Maar skielik het hy homself besin. Hy het al by so baie huise aangeklop dat dit seker nie sal saak maak as hy hier ook aanklop nie. Toe het hy uitgedraai en saggies aan die deur geklop. 'n Oomblik later is die deur oopgemaak en 'n ou dame het versigtig rondgekyk. "My lieweland!" het sy uitgeroep.
195 Maar hy het nie tyd gehad om baie rond te kyk nie, want die vriendelike ou dame het gou sy nat klere uitegetrek, 'n kombers om hom gehang, en hom 'n groot bord warm sop gegee. Toe het sy in 'n pot op die stoof begin roer. Terwyl sy daar besig was, het daar skielik iets vreemds gebeur.
196 Persoonlik hou ek nie van die bere nie. Ek meen dat hulle afgekamp behoort te wees en nie moet losloop in die openbare parke nie. Dit is nie eintlik aangenaam om 'n groot, vet beer in die pad teë te kom nie, of om een te hoor krap aan jou tent as jy miskien uitkamp nie.
197 Skielik het iemand geskreeu: "Kyk, die beer was in daardie blou motor. Hy het die agterste kussing heeltemal stukkend geskeur, en hy het 'n hele doos sjokolade verslind, met doos en al." Almal het omgekyk. Toe was daar 'n gil van die vrou wat 'n rukkie tevore so lekker gelag het.
198 Daardie tetks was in hierdie geval bewaarheid. Ons behoort altyd baie versigtig te wees, wanneer ander dit ongelukkig tref, om nie hulle las swaarder te maak nie, want ons kan nooit weet hoe gou dieselfde ongeluk ons mag tref nie. Ek het al gevalle gesien waar dit baie gou gekom het.
199 Toe hulle moeg gespeel was in die water, het hulle sandkastele gebou, reisies gehardloop, en toe weer in die water geloop. Hulle was so besig dat hulle nooit die keer van die gety opgemerk het nie, en die water het al hoër en hoër gestyg tot by die plek waar Frankie se skoene lê.
200 Eindelik, te gou soos hulle gereken het, het Pappie vir hulle geskreeu om terug te kom. "Dit is tyd om huis toe te gaan: kom jou julle twee." Toe was daar 'n gesoek na skoene. Nellie het hare gekry, want sy het hulle op 'n veilige plek gelaat. Maar Frankie se skoene was nêrens te sien nie.
201 Hy was nie eens meer seker van die plek waar hy hulle gelaat het nie, want dit was nou alles toe onder die water! Hulle het gesoek en gesoek, maar tevergeefs. Daar was geen skoene nie. Pappie het gesê dat Frankie baie agtelosig was, en dat hy kaalvoet sal moet huis toe gaan.
202 Maar Nellie het gesê dat sy nog 'n paar slippers in die motor het, en dat Frankie hulle solank kan aantrek. So is hulle dan huis toe; Nellie met haar nuwe skoene aan, en Frankie met Nellie se ou slippers. Frankie het glad nie daarvan gehou om meisie-skoene te dra nie; hy wou sy skoene hê.
203 Maar, vreemd genoeg, was dit hierdie keer Pappie en Mammie wat uit die motor geklim het; Nellie en Frankie het bly sit. Hulle het gesê dat hulle 'n rukkie wou wag, maar het nie gesê waarom nie. Dit was vir Pappie en Mammie snaaks, en hulle het toe maar alleen gaan soek.
204 Nellie was maar nege jaar, en Frankie net sewe jaar oud. Maar hulle het geglo dat Jesus kinders liefhet en hulle graag help wanneer hulle in die moeilikheid is. Hulle het gebid dat Frankie se skoene gevind mag word! Ses maal het hulle dieselfde gebedjie oor en oor gebid.
205 Pappie het hulle gevind nie ver van waar die motor stilgehou het nie. Waarom hy hulle juis daar gevind het, kon niemand sê nie, maar almal was dankbaar, veral Nellie en Frankie, wat toe vertel het wat hulle gedoen het terwyl Pappie en Mammie na die skoene gaan soek het.
206 Dit het in Peru in Suid-Amerika gebeur, en ook nie so lank gelede nie. Op 'n sekere sendingstasie het daar 'n liewe dogtertjie gewoon met die naam van Jean. Sy was die sendeling se dogtertjie, en toe hulle terug gekom het van hulle rustyd in hulle vaderland, het sy 'n baie mooi pop saamgebring.
207 Om die waarheid te sê, het dit so op 'n regte baba gelyk dat 'n mens nie sommer die verskil kon sien nie. Al die ander dogtertjies in daardie omgewing wou ook baie graag so 'n pop hê. Die Peruwiaanse kinders het oopmond gestaan en kyk wanneer Jean vir hulle die pop laat praat.
208 Haar Vader het dit spesiaal vir haar opgerig. Sy was op haar gelukkigste wanneer sy en Ben alleen daarin kon speel. Ben is haar hond natuurlik - 'n pragtige skaaphond wat sy vyfjarige nooi baie mooi opgepas het. Hulle het heerlik saamgespeel, en Ben het gedurig waggehou oor Margie.
209 Eendag, terwyl Margie weer deur die tuin geloop het na haar huisie, het sy 'n vreemde ratelgeluid gehoor - iets wat sy nog nooit voorheen gehoor het nie; sy het omgekyk om te sien wat dit was. Toe het sy weer aangestap; maar skielik het sy weer die geluid gehoor, hierdie keer baie naby.
210 Ben het 'n ratelslang beetgehad, en daar het hulle rondgerol; dit was vreeslik om die geveg te sien. Op daardie oomblik het Vader op die toneel verskyn met 'n skoffelpik, en hy het die slang met die pik begin kap vir al wat hy werd is. Eindelik was die geveg verby, en die slang het doodgelê.
211 Hy het drie bytwonde gehad, twee aan sy bek, en een op sy kop. "Hy kan self sorg vir die bytplekke aan sy bek," het Vader gesê, "maar ek is besorg oor die een aan sy kop, want hy sal daardie wond nie kan lek nie." Uitgeput het die arme Ben daar gelê, besig om die twee wonde aan sy bek te lek.
212 Die Moeder wou baie graag haar drie dogters na 'n kampvergadering neem waar hulle meer van Jesus kon leer; maar sy het nie geld gehad vir die treinreis en die verblyfkoste by die kampvergadering nie. Oupa het gelag oor hulle plan. "Ek sal julle aanraai om die idee op te gee," het hy gesê.
213 Die ure het verbygegaan. As iets gaan gebeur, dan moet dit nou gou gebeur, of hulle sal nie in die oggend kan vertrek soos hulle in die stilligheid gehoop het nie. Wel, iets het gebeur. Omtrent halfvier daardie oggend het Doris wakkergeskrik. Sy het orent gekom, want sy het iets gehoor.
214 Daar was 'n snaakse gekrap buite aan die voordeur. Dit het ook haar susters wakker gemaak. Ook Moeder het dit gehoor, en sy was 'n bietjie bang. Sy het haar ore gespits om te luister. Hulel het nog die gekrap gehoor, nou baie harder. Dors het opgestaan en versigtig deur se kant toe gestaan.
215 Doris het die gaasdeur oopgestoot, en tot haar verbasing het sy twee pakkette daar sien lê. "Moeder, kom kyk wat lê hier," het sy geroep. "Hier lê iets voor die deur." Moeder het opgestaan om te gaan kyk, en toe het hulle nie net die twee pakkette gekry nie, maar ook vier koeverte.
216 In die een pakket het hulle kos gevind vir die treinreis, baie mooi ingepak; en in die ander een was ook die voedsel wat hulle sou nodig hê. In die vier koeverte was geld vir elkeen van hulle. Hulle was nou so helder wakker en opgewonde dat hulle glad nie meer kon slaap nie.
217 Dit sal 'n mooi grap wees, hulle sal my almal uitlag!" "Maar ek sien nie waarom jy nie sal kan speel nie," het Moeder gesê. "Daar sal ook ander dogttertjies wees wat speel, en jy wil tog seker nie hê dat hulle jou moet uitstof nie. Al wat jy moet doen, is om baie te oefen.
218 Miskien was sy baie moeg, ek weet nie, maar sy was gou aan die slaap. Die volgende ding wat sy gehoor het, was dat iemand haar naam noem van die konsertverhoog af. Die saal was vol meisies in hulle beste rokkies, en Sylvia het geraai dat dit die Kersfeeskonsert moet wees.
219 Dit sal ook heerlik weees om op die verhoog te gaan voor hulle almal. Wat die stuk musiek betref, wel, sy sal haar bes doen, en hoe heerlik sal dit wees om almal te hoor handeklap. Miskien sal hulle aanhou klap sodat sy nog 'n stukkie sal moet speel. Nou het almal handegeklap.
220 Feitelik elke dag kan ons in die koerante lees van dapper seuns - seuns wat sonder om te aarsel in die yskoue water van die dam sal spring om 'n vriend te red; seuns wat deur die vlamme hardloop om 'n sussie te red; seuns wat nie bang is om op te tree teen bullebakke by die skool nie.
221 Sy Vader was 'n soldaat in die dae toe daar 'n bloedige burgeroorlog in Engeland gewoed het. Die Cromwell-manne het sy Vader in die kasteel ingeneem, en hulle het na die Vader gesoek. Hulle moes hom vind, want hy was 'n belangrike man, en sy gevangeneming sou baie vir hulle beteken.
222 Toe het een van die soldate 'n blink gedagte gekry. "Vra die kinders," het hy gesê, "as hulle weet, sal hulle sê." Hulle het die kinders laat haal. Hulle was vreeslik bang, en die Moeder was nog banger, want sy het nie geweet wat die kinders mag sê nie. Die seuntjie was baie dapper.
223 Niks kon hom beweeg om te sê waar sy Pappie was nie. Hoe trots was sy Moeder daardie dag om hom! Maar seuns kan vandag net so dapper wees as wat hulle ooit in die verlede was. 'n Paar jaar gelede het 'n busvrag opgeruimde kinders hulle skool eendag verlaat onderweg huis toe.
224 Hy het hulle hulle boeke laat opskeur sodat hulle 'n vuurtjie in 'n blik kon maak om hulle warm te hou. Na al die boeke opgebrand was, het hulle met die banke van die bus begin vuurmaak. Toe daar nie meer hout was nie, het die besuurder die kinders laat boks en stoei en sing en dans.
225 Voor hy die bus verlaat het, het hy een van die ouer seuns, Bryan Untiedt in bevel geplaas, en aan hom gesê dat hy ten alle koste die kinders moes wakker hou. Bryan was maar dertien jaar oud, maar hy het sy verantwoordelikheid besef, en het deur sy dapperheid die hele wêreld in beroering gebring.
226 Maar hulle was moeg en kon dit nie lank volhou nie. Toe Bryan ontdek dat sy eie broertjie bewusteloos was, het hy sy klere uitgetrek, om sy boetie toe te maak. Maar sy boetie het gesterf, en toe het die kinders een na die ander bewusteloos neergeval op die vloer van die bus.
227 Die onderwyser mag jou laat skoolsit of jou op 'n ander manier straf, maar in sy hart sal hy jou admireer vir jou dapperheid. Dit is dapper om versoeking om kwaad te doen te weerstaan; om te sê: "Ek kan dit nie doen nie," wanneer iemand jou wil verlei om te steel of 'n leuen te vertel.
228 Dit is ook dapper om te weier om te lag wanneer dit ander sal seermaak, of om te lag vir 'n vuil grap. Die seun wat sulke geselskap verlaat, of wat sal sê, "Nee, kêrels, hou op daarmee, dit is nie reg nie," is 'n dapper seun. Die wêreld het vandag groot behoefte aan dapper seuns en dogters.
229 Ouma was baie goed vir haar; sy het vir haar stories vertel, haar pop se klere heelgemaak, en natuurlik was daar altyd iets lekkers om te eet. Elke woensdagaand het Ouma vir Ruth vroeg in die bed gesit, en daarna gestap na die huis van Mevrou Henderson om die biduur by te woon.
230 Elke oggend en elke aand het Ruth gebid: "Liewe Jesus, stuur asseblief vir Ouma 'n klavier sodat sy nie so ver hoef te loop na die biduur nie." Ek weet nie presies hoelank sy gebid het voor die antwoord gekom het nie - miskien was dit twee of drie weke, of miskien 'n hele maand.
231 Skoonmakers, skilders, stoffeerders, en werktuigkundiges wag langs die weg, elkeen van hulle gereed om hulle deel te doen, totdat die bus weer soos 'n nuwe een lyk en gereed is vir die pad. Laat ons eers die ou busse wat hier in die motorhawe kom dophou, sodat ons kan sien wat bebeur.
232 Eerste van alles beweeg dit onder 'n hysmasjien wat met twee reusearms die bak aflig, sodat die onderstel kan beweeg na sy eie afdeling vir opknapping. Daarna laat hulle die bak op 'n trollie sak wat aan die bewegende kabel vasgemaak is, en dan begin dit stadig deur die motorhawe beweeg.
233 In die tussentyd beweeg die onderstel ook langsaam voort in sy eie afdeling waar dit uitmekaar gehaal word; alles word getoets, en nuwe dele word ingesit waar nodig. Die motor, die remme, die wiele - alles word deeglik skoongemaak en herstel, sodat die hele masjien opgeknap anderkant uitkom.
234 Wanneer die onderstel heeltemal gereed is met wiele, remme, en motor, verskyn die bak so 'n endjie voor hom, so goed as nuut. Die bak word dan weer op die onderstel gelig en vasgebout, en daarna ry die bus by die garagedeur uit, weer gereed vir die pad. Maar, laat ons nou vir 'n oomblikkie nadink.
235 Die Here Jesus wil elke lewe neem wat deur die sonde bederf is, sodat Hy dit weer nuut kan maak. Nie alleen wil Hy die buitekant weer mooi verf nie, maar Hy wil alles in die lewe regmaak - elke bout en moer en skroef en wasser van ons masjien, en ook die wiele en remme.
236 Daar mag dinge gebeur waarvan julle nie hou nie, maar moenie laat dit julle ontmoedig nie, want dit is nodig om al die duike uit te kry. Moontlik sal sommige van die ervarings wat julle deurmaak, onaangenaam wees, maar moenie moed opgee nie, want dit is die skuurpapier wat julle sal glad skuur.
237 As julle weet dat hulle aas Jesus vashou, kan julle seker wees dat alles goed sal eindig. Al het julle ook hoe 'n mislukking van julle lewe gemaak, sal Jesus dit so verander dat julle julleself glad nie sal ken nie. In die plek van selfsug sal Hy julle 'n gees van opoffering gee.
238 Die lus om rusie te maak, sal verdwyn, en julle sal liefdevol en vriendelik wees. As julle maar die goue koord van ewige liefde sal beetneem wat die aarde met die hemel verbind, en wat altyd opwaarts beweeg na die koningkryk van God, is daar geen perke aan wat met julle kan gebeur nie.
239 Daardie storie van Joan en haar juwele laat my dink aan 'n ander dogtertjie wat eendag alleen winkel toe gegaan het. Ons sal haar maar Gwennie noem, sodat julle nie kan uitvind wie sy regtig is nie. Gwennie het vir 'n tyd by haar ouma gekuier, en die twee het groot vriende geword.
240 Hulle was altwee baie hartseer toe die dag genader het dat Gwennie weer moes teruggaan na haar Moeder en Vader. Een agtermiddag was Gwennie 'n bietjie rusteloos, en sy het ouma gesoebat om haar 'n bietjie met die motor uit te neem. Maar ouma kon op daardie oomblik nie gaan nie.
241 Ag, hoe heerlik was dit vir haar om heeltemal alleen te stap, met haar eie geld in haar sak om te koop wat sy wou! Eerlank was sy by die winkels en het sy die uitstalvensters besigtig. Later is sy by een van die groot winkels in, en Gwennie het daar soos in 'n droom rondgestap.
242 Sy het aan 'n pop gedink, maar ag nee wat, sy het reeds baie poppe gehad. Miskien 'n beursie of handsak? Of verf of 'n paar mooi sakdoekies? Toe het sy 'n pragtige plant op 'n rak sien staan, en dit kos slegs nege pennies. "Ouma sal baie daarvan hou," het sy gedink terwyl sy daar besluitloos staan.
243 Sy het so gelukkig gevoel oor hierdie kopie dat sy gevoel het dat sy van die orige geld nog iets vir ouma wil koop. Nadat sy baie gedink het, het sy besluit om vir die orige geld vir ouma 'n mooi siffie te koop. "Ek is seker dat ouma baie daarvan sal hou," het Gwennie vir haarself gesê.
244 Sy was gou weer onderweg huis toe, ewe trots oor die goed wat sy gekoop het. Dit het vir haar gevoel of haar voete skaars op die grond raak. Met 'n stralende gesig het sy die huis binnegekom, met die twee pakkette styf teen haar vasgedruk. "Ouma kyk wat het ek vir ouma gekoop!" het sy uitgeroep.
245 Ek bedoel die rusie het toe plaasgevind. As 'n spesiale guns is Geoffrey en sy suster Anne een aand na 'n orkesuitvoering geneem. Hulle het graag gaan luister, en hulle het hulle Pappie belowe dat hulle hulle vir weke soos engeltjies sou gedra as hy hulle na die orkes sou neem.
246 Maar natuurlik, sodra die uitvoering verby was, het hulle soos gewoonlik al hulle mooi beloftes vergeet. Wel, een aand, na hulle weer by die orkes was, en Pappie, Geoffrey, en Anne op die punt gestaan het om huis toe te gaan, was die twee weer aanmekaar. Albei wou Pappie se regterhand neem.
247 Geoffrey het al meer en meer agtergeraak. En hy het sy voete gesleep soos watter ou man. Dit was al lank verby slapenstyd toe hulle eindelik by die huis kom, en Moeder het die kinders bed toe gestuur sonder om te vra waarom hulle so laat was. Geoffrey was gou onder die komberse en vas aan die slaap.
248 Kyk! Wat is dan nou aan die gang. Hy was weer terug by die orkes. Maar dit kan nie wees nie! Dit is tog; en tot sy groot verbasing was hy die dirigent. Agter hom was honderde mense, onder hulle baie wat hy herken. Baie seuns van sy skool was ook daar. Hy het vreeslik trots gevoel.
249 Was hy dan nie dirigent van die orkes, en dit voor al sy skoolvriende nie. Aai! maar sal hulle nie graag in sy plek wil wees nie? Hy het besluit dat hy hulle sou vergas op die heerlikste musiek wat hulle nog ooit gehoor het. Hy het sy oog so laat val oor die orkeslede. Ja, hulle was almal daar.
250 Die man met die fluit het 'n harde noot geblaas en toe opgehou. Toe het die kornette elk verskillende deuntjies begin speel. Geoffrey was raadop. Hy het sy arms geswaai in 'n poging om die maat te slaan, maar alles was deurmekaar. Elke orkesspeler het sy eie deuntjie gespeel.
251 Die verwarring was te verskriklik. Elke speler het sommer woes op eie houtjie te kere gegaan, sonder om hom aan die ander te steur. Wat Geoffrey betref, wel, niemand het van hom enige notisie geneem nie. Hy kon net so goed nie daar gewees het nie. En tog het hy gevoel dat hy verantwoordelik was.

Связаться
Выделить
Выделите фрагменты страницы, относящиеся к вашему сообщению
Скрыть сведения
Скрыть всю личную информацию
Отмена